Herlaai DVDs – 2de Weergawe

R480,00

Casper Nienaber se dubbel-stel Herlaai DVDs – 2de Weergawe

Category: Tag:

Casper Nienaber se dubbel-stel herlaai DVD`s bevat volledige stap vir stap bespreking, ondersteun deur hoë-kwaliteit video grepe. Daar is baie inligting op hierdie DVD`s, 7.2GB daarvan om presies te wees;
Om die inligting deeglik oor te dra en te illustreer, is die stappe en toerusting van baie naby afgeneem. Die video beeld is dikwels ingezoem tot op `n vlak heelwat duideliker en groter as wat met die blote oog waargeneem kan word;
Die inligting word tegelykertyd aangebied d.m.v. video grepe, stem en teks onderskrifte;
Dalk is dit beter is om eerder te veel as te min inligting te hê? Daarom is besluit op `n baie omvattende aanbied en bespreek van die herlaai proses. Sodoende kan die gebruiker self besluit wat hy voel vir hom nodig is, en hoeveel daarvan hy wil toepas;
Weens die omvang en volume van inligting op hierdie DVD, is dit dalk wys om hierdie DVD stuk-stuk te kyk, en so kans te kry om die inligting te verteer;
Vir die beginner herlaaier is dit waarskynlik wys om hierdie DVD aan te skaf. Dit sal u help om van die begin af die korrekte toerusting aan te koop, en beter akkuraatheid te verkry deur die voorgestelde tegnieke te volg;
Ek onderneem dat indien u voel hierdie DVD bied nie meer, of heelwat meer, as u geld se waarde nie, kap ons dit saam stukkend en u kry u geld terug!

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.