Cassie Nienaber | Mamba Reloading

Is ingevoerde dryfmiddels beter?
Kliek hier om die artikel af te laai.

Iets waaroor sommige herlaaiers reeds ’n geruime tyd droom, het waar geword. Waar ons in die verlede aangewese was slegs op plaaslike dryfmiddels (geweer- en pistoolkruit) is daar nou verskeie alternatiewe, ingevoerde dryfmiddels in plaaslike vuurwapenwinkels beskikbaar. Die meeste van julle het seker ook al gehoor hoe die wonderlike eienskappe van hierdie “nuwe” dryfmiddels besing word. Gerugte wil dit hê dat hierdie dryfmiddels glad nie temperatuursensitief is nie, dat geweerlope skoner bly as jy dit gebruik en langer hou, dat dit baie makliker is om daarmee goeie, akkurate ladings te ontwikkel, ensovoorts, ensovoorts. Luister jy na al die kommentare, klink dit amper asof ons onsself nou in die herlaaihemel bevind!

DIE KOMPONENTE VAN ’N ENJIN

Indien jy voel dat die volgende gedeelte in ’n ander tydskrif tuishoort, gee my ’n kansie, ek het iets om te verduidelik. Wanneer die onderskeie onderdele van ’n enjin aanmekaar gesit is en die enjin aangeskakel word om te werk, sien ons glad nie meer die onderdele as losstaande van mekaar nie… hulle word in geheel gesien as ’n werkende enjin. Dis ’n feit dat enjins beter werkverrigting lewer indien hulle gebou word met uitgesoekte en uniforme komponente van gehalte.

Ammunisie (patrone) werk ook maar so. Sodra die onderskeie komponente bymekaar gevoeg is, het ons ’n eenheid soos ’n enjin wat in staat is om ’n spesifieke taak te verrig. Onthou dat die proses wat plaasvind tydens die afvuur van ’n patroon, dinamies is. Dit beteken dat elke komponent in daardie patroon ’n onderlinge invloed het op die werkverrigting van die ander komponente. Daar is dus altyd ’n mate van leer en weer probeer (trial and error) in ons proses om die ideale kombinasie van komponente te vind. Die herlaaier moet komponente van uniforme gehalte vind, en dan dit gebruik wat optimaal en in harmonie kan saamwerk teen die ideale koeëlsnelheid vir sy geweer.

BO: Jaco Smit se .308 Win, N150 vs S335:

Alles in ag genome, is die groeperings prakties baie eenders. Indien ons onnodig moeilik wil wees, kan ons sê dat die 150gr en 165gr Noslers effe beter met S335 presteer het en die Lapua en Peregrine 167-greiners beter met Vihtavuori N150. Met nog ’n bietjie tyd en aandag mag ek dalk wel die koeëls kry om presies dieselfde akkuraatheid met beide dryfmiddels te lewer.s.

BO: Jan Wibbelink se .260 Rem, N550 vs S355:

Die 123gr Lapuas groepeer beter met S335, maar die koeëlsnelheid verskil met 48vps. Berger se 130gr-koeëls groepeer dieselfde met beide dryfmiddels.

BO: Johan Griesel se .300 WSM, N550 vs S365:

Indien ek die ooglopende wydloperskote ignoreer, is hierdie groeperings weereens prakties baie dieselfde.

OPTIMALE INSTEL

Nadat ’n enjin gebou is, moet ’n klomp dinge daaraan, soos ontstekingstyd, vonkpropgapings, klepspelings, ensovoorts ingestel word tot daardie enjin mooi glad loop en optimaal werk. Net so met die patrone wat ons herlaai. Die herlaaier behoort nie, MAG eintlik nie, sommer net die komponente mog-het-troffe aanmekaarflans nie.

Die einddoel van herlaai is om die ammunisie só te laai dat die patrone veilig en optimaal funksioneer. Vir ’n spesifieke koeël om akkuraat uit ’n spesifieke geweer te skiet, is dit ’n vereiste dat daardie koeël teen ’n spesifieke koeëlsnelheid uit daardie geweer gelanseer moet word. Die herlaaier moet hierdie spesifieke koeëlsnelheid deur eksperimentering vind. Moet nooit aanvaar dat twee van dieselfde model gewere van ’n spesifieke fabrikaat wat langs mekaar op die rak staan en oënskynlik eenders lyk, eenderse akkuraatheid en koeëlsnelheid sal lewer nie.

Ek het al vir ses gewere van dieselfde fabrikaat en model ladings ontwikkel en nie een van hulle hou van dieselfde koeël of lading nie. Hulle skiet heeltemal verskillend met dieselfde komponente. Daarom sê ek: Moenie van ’n geweer verwag om goed met sekere komponente te skiet nie, toets en vind uit wat die geweer se voorkeure is om die maksimum akkuraatheid en optimale werkverrigting te lewer.

Om jou patroonenjin mooi ingestel te kry, moet jy begin deur gehalte en uniforme komponente te gebruik en jy moet bereid wees om te eksperimenteer totdat jy die ideale lading/ koeëlsnelheid (vir jou spesifieke geweer en patroonenjin) vir maksimum akkuraatheid en optimale werkverrigting ontdek.

BO: Dirk van Reenen se .300 Ultra Magnum, N560 vs S385:

Let mooi op na hierdie kaliber se naam, daar staan Ultra voor Magnum. Hierdie dop kan tot 97gr dryfmiddel neem met 100% dopvulling. Neem dit in ag by die groeperings. Om dié geweer te skiet, is nie ’n grap nie.

Dit is juis hierdie soekery na waarvan die geweer hou wat ons die meeste laat sukkel. Dit is maar soos om te besluit om kinders te hê en hulle sonder ’n handleiding groot te kry. Voor jy geweer koop en besluit het om te herlaai, moet jy weet daar sal groeipyne wees en dat sukkel en soek maar deel daarvan sal wees. Vasbyt, elke geweer het sy eie resep wat gevind moet word, daarom herlaai ons!

WATTER BRANDSTOF/DRYFMIDDEL IS DIE BESTE?

Met voertuie werk dit so dat brandstowwe met ’n hoër oktaan hoër werkverrigting lewer. Dieselfde geld vir die dryfmiddels wat ons in patrone gebruik. Verskillende dryfmiddels het verskillende “oktane”/werkverrigtings en alle dryfmiddels is nie noodwendig geskik vir gebruik in alle wapens nie. Gebruik slegs die dryfmiddels soos aanbeveel in herlaaihandleidings vir die komponente soos wat jy gebruik.

Solank ek by die aanbevole tipe en oktaan brandstof vir my spesifieke voertuig hou, sal ek nie ’n waarneembare/ noemenswaardige verskil in die werkverrigting van my motor voel nie, al gebruik ek verskillende verskaffers se brandstowwe wat die soortgelyke oktaaninhoud bevat. My mening oor dryfmiddels is maar dieselfde. Jy sal meestal die gewenste resultaat verkry al gebruik jy verskillende vervaardigers se aanbevole dryfmiddels vir ’n spesifieke kaliber. Hou altyd in gedagte dat die aanbevole ladings vir die verskillende dryfmiddels kan wissel om dieselfde koeëlsnelheid te behaal.

Die vraag wat ek eintlik probeer beantwoord is of een dryfmiddel werklik as inherent beter en akkurater as ’n ander gereken kan word.

VERGELYKINGS TUSSEN VIHTAVUORI EN SOMCHEM-RDM

Ek gebruik grotendeels Rheinmetall Denel Munition (Somchem-RDM) se enkelbasis- of stokkiesdryfmiddels soos, S335 S355, S365 en S385. Gelukkig het ’n paar kliënte gevra dat ek tydens ladingontwikkeling vergelykende toetse moet doen tussen hierdie vier Somchem- dryfmiddels en Vihtavuori se N150, N550 en N560, (sien diagramme/ foto’s). In my toetste is kalibers oor ’n wye spektrum gebruik om te sien of daar enige verskil in akkuraatheid is wanneer Somchem-RDM en Vihtavuori gebruik word.

Neem die volgende in ag tydens die beoordeling van die teikens:

• Vir finale beoordeling, verkies ek vyfskootgroeperings omdat die akkuraatheidspotensiaal daarmee groter is as met drieskootgroeperings. Sogenaamde wydlopers (flyers) wys duidelik met vyfskootgroeperings en kan dus geïgnoreer word.
• Lae waardes vir statistiese aanduiders soos standaard-afwyking (standard deviation of SD) en ekstreme verspreiding (Extreme spread of ES) dui op meer uniforme koeëlsnelheid.
• Sommige herlaaiers heg daarom baie waarde hieraan en gaan selfs so ver om dit te gebruik as die grootste of enigste aanduider van akkurate ladings.
• My ondervinding is dat dit nie noodwendig altyd so is dat ladings met lae SD- en ES-waardes ook die akkuraatste skiet nie. Julle sal merk dat die SD en ES soos aangedui langs die teikens wys dat die akkuraatste ladings soms die hoogste (swakste) waardes toon.
• Ten spyte van al ons somme en planne bly die bepalende faktor dit wat op die teiken gebeur. Die ideaal is natuurlik ’n akkurate lading met lae SD- en ES-waardes, nieteenstaande, ek skiet altyd eerder die akkurater lading.
• In my toetse het ek nie altyd presies dieselfde koeëlsnelheid met vergelykende dryfmiddels behaal nie. Neem in ag dat dit wel soms ’n invloed op die groeperings kan hê. Die resultate kon moontlik nog effe anders/beter lyk indien ek aangehou het met lading ontwikkeling tot by dieselfde koeëlsnelheid. Bogenoemde punte in ag geneem, gaan ek nie hare kloof oor die SD- en ES-waardes nie, maar ek gaan ooglopende flyerskote ignoreer en my besluite neem streng op grond van die algemene groeperings soos op die teikens. Die groeperings is tog seker uiteindelik die belangrikste bepalende faktor van akkuraatheid.

Die relevante inligting vir elke teiken word op die diagramme/ foto’s aangedui (sien meegaande beskrywing vir meer inligting). Alle groeperings is op 100m geskiet. Hier kon ek die spoed met beide dryfmiddels bring tot binne 1vps van mekaar en die groeperings is weereens prakties gesproke byna identies in grootte.

GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

My gevolgtrekking is dat die onderskeie dryfmiddels soortgelyke akkuraatheid gelewer het. Alhoewel ek ’n beperkte aantal toetse gedoen het, kan ek op grond van die resultate nie ’n duidelike wenner uit die dryfmiddels kies nie.

Om my eie vraag te beantwoord: Ek glo nie dat een dryfmiddel werklik akkurater as ’n ander gereken kan word nie. My ondervinding is dat ek nog altyd akkurate ladings en die gewenste resultate met Somchem- RDM se dryfmiddels kon behaal, en ek kon nou dieselfde met Vihtavuori doen.

Is Vihtavuori minder temperatuursensitief , bly lope wel skoner en hou langer? Ek het my bedenkinge, maar het nie genoeg inligting of blootstelling om my daaroor uit te spreek nie. Ek volstaan by my vroëere stelling dat die gewenste resultaat beslis verkry kan word met jou wapen en komponente deur bykans enige vervaardiger se aanbevole dryfmiddel vir jou kaliber te gebruik.

Herlaaiers se bydrae tot Somchem- RDM se jaarlikse omset deur die aankope van dryfmiddel, is in der waarheid baie minder as baie min. Ingevoerde dryfmiddels is veel duurder as dié van Somchem-RDM. Wat sal die gevolg wees indien Somchem- RDM ophou om dryfmiddels aan die plaaslike mark te lewer? Ons sal op die veel duurder ingevoerde dryfmiddels aangewese wees en dit kan ons dalk erg kniehalter. Ek glo ons moet ons plaaslike vervaardiger ondersteun solank ons kan.

* Kontak Cassie via www. mamba-reloading.co.za

Skiet só akkuraat: Deel 3
Kliek hier om die artikel af te laai.

DEUR CASSIE NIENABER

In die eerste twee artikels oor akkuraat skiet het ek algemene skietwenke gegee en die metode verduidelik hoe jy jou geweer moet pak sodat die staal mooi knus in die hout lê. Daar is nog ’n aantal aspekte van akkuraat skiet wat ons gaan behandel – in hierdie artikel verduidelik ek die begrip MOA en ook hoe om ’n kollimator of bore-sighter te gebruik. Miskien sal sommige verwag dat ek eers moes verduidelik het hoe om ’n teleskoop te monteer. As jy egter die begrip MOA verstaan en weet hoe om met ’n kollimator te werk, sal dit die montering van ’n teleskoop makliker maak, want ek verkies om my kollimator te gebruik tydens die monteerproses. Lees gerus aan, julle sal mettertyd beter verstaan.

‘n Kollimator word vooraan die geweerloop gekoppel om die teleskoop rofweg te kan instel.

So lyk die prentjie as jy deur ‘n teleskoop na die kollimator loer.

Die term MOA word dikwels gebruik wanneer skuts na die grootte van groeperings verwys.

MOA (MINUTE OF ANGLE)
Die term MOA word baie algemeen gebruik deur skuts wanneer hulle oor groepering en akkuraatheid praat, maar daar is steeds mense wat nie presies weet wat daarmee bedoel word nie. In die eenvoudigste taal uitgedruk, is MOA ’n eenheid waarin ons meet of anders gestel, dit verteenwoordig ’n sekere numeriese waarde op ’n vaste afstand. Byvoorbeeld: 1MOA verteenwoordig ’n afstand van een duim op 100 jaarts of 25.4mm op 91.44m. Kom ek verduidelik beter. ’n Sirkel bestaan uit 360 grade. Elke graad kan onderverdeel word in 60 minute. Die term MOA verwys daarom na ’n hoekgrootte van 1 minuut (1/60 van ’n graad). Die vertikale afstand wat tussen die twee bene van die hoek onderspan word, is op 100 jaarts 1.0472” (duim).

In Amerika gebruik hulle die Imperiale stelsel waar daar in duime, voete en jaarts gemeet word. In die praktyk rond ons normaalweg die getal af en aanvaar vir praktiese doeleindes dat 1MOA presies 1” (duim) op 100 jaarts is. In Suid-Afrika gebruik ons die metrieke stelsel (mm, cm en meter) en daarom is ons skietbane ook in afstande van 100m gemerk. Die meeste skuts aanvaar dus sommer (of rond af) dat 1MOA ook een duim op 100m is. Dit is natuurlik nie korrek nie.

Onthou dat 100m, 8.56m verder is as 100 jaarts. Inderwaarheid is 1MOA op 100m dus 29.08882mm of afgerond, 29.1mm. Op 200 en 300 jaarts of meter verdubbel en verdriedubbel die meeteenheid se waarde. Een MOA op 300m is dus 29.1mm vermenigvuldig met drie wat 87.3mm is, of presies drie duim op 300 jaarts. Baie mense dink verkeerdelik dat 1MOA op 300m steeds 29.1mm of een duim moet wees en gebruik dit ook so.

Wanneer skuts die grootte van hul groeperings meet, gebruik hulle ook die term MOA. ’n Groepering van 1MOA beteken dus dat die koeëlgate (gemeet van die middel van die verste twee gate) nie verder as een duim uitmekaar is nie. In Suid-Afrika rond ons sommer af en beskou 1MOA as 25.4mm op 100m. ’n Geweer wat ten minste drie tot vyf skote binne daardie magiese 1MOA op 100m of 100 jaarts kan plaas, word in die algemeen beskou as akkuraat genoeg vir die meeste jagdoeleindes vir afstande tot op ongeveer 250m.

Nou, Suid-Afrikaners koop meestal teleskope van Amerikaanse oorsprong en op almal van hulle word aangedui dat een kliek van die stelknop (turret) die impak van die koeël met ’n ¼MOA sal skuif op 100 jaarts. Vier klieks sal dus die impak van die koeël presies een duim aanskuif op 100 jaarts. Baie mense dink verkeerdelik of rond af dat een kliek ook op 100m die koeël se impak met ’n ¼” gaan skuif. Op 100m skuif die impak egter 7mm, wat meer is as ’n ¼”.

Europese vervaardigers dui deesdae hul teleskope se stelafstande in cm aan, byvoorbeeld een kliek verskuif die koeëlimpak met 0.5cm of 1cm op 100m.

Of teleskope nou in MOA of cm stel, maak nie saak nie. Een van die algemene probleme wat met baie teleskope ondervind word, is dat hulle nie die presiese afstande stel soos wat voorgehou word deur die vervaardiger nie.

Wat elke skut dus moet doen, is om fisies op die skietbaan met sy geweer te gaan skiet en te bepaal presies hoeveel die koeël se impak skuif as die stelknop byvoorbeeld vier of agt klieks aangedraai word. As jou teleskoop presies stel soos aangedui, is dit goed maar wat doen jy as dit nie die geval is nie? Wel, jy kan of ’n tabel opstel oor die werklike verstelling, of jy kan maskeerband om die stelknop draai en jou eie merkies maak wat aandui hoeveel klieks jy moet stel om die koeël se impak byvoorbeeld 25 of 30mm op 100 jaarts of 100m aan te stel.

Wat elke skut dus moet doen, is om fisies op die skietbaan met sy geweer te gaan skiet en te bepaal presies hoeveel die koeël se impak skuif as die stelknop byvoorbeeld vier of agt klieks aangedraai word. As jou teleskoop presies stel soos aangedui, is dit goed maar wat doen jy as dit nie die geval is nie? Wel, jy kan of ’n tabel opstel oor die werklike verstelling, of jy kan maskeerband om die stelknop draai en jou eie merkies maak wat aandui hoeveel klieks jy moet stel om die koeël se impak byvoorbeeld 25 of 30mm op 100 jaarts of 100m aan te stel.

As jy eenvoudig aanneem dat jou teleskoop stel soos die vervaardiger aandui, kan jy foute op langer afstande maak wat jou duur te staan kan kom.

Gestel jou geweer is op 100m ingestel, maar jy wil na ’n bok skiet wat op 300m staan. Volgens jou berekeninge moet jy, kom ons sê maar, 4MOA of 16 klieks op stel om die teleskoop op 300m te zero. Stel jy nou die 16 klieks aan, maar die teleskoop stel nie soos dit veronderstel is om te doen nie, gaan jy te laag of te hoog skiet. Die kruks van die saak is, jy moet weet wat die waarde van 1MOA op 100 jaarts of 100m is en of jou teleskoop stel soos aangedui anders gaan jy nie skiet waar jy mik op langer afstande nie.

KOLLIMATORS
Die doel van ’n kollimator is om die teleskoop se kruishaar en die loop van die geweer min of meer in lyn te bring. Jy stel dus die teleskoop in sodat jou geweer iewers tussen 25 en 100m darem met die eerste skoot op die papier skiet. Dit vergemaklik die inskietproses van die teleskoop/geweer en spaar patrone. Onthou, al is die teleskoop met behulp van ’n kollimator ingestel, sal die geweer nie noodwendig in die kol skiet nie.

Wat presies is ’n kollimator? Dis ’n apparaat wat vooraan die geweer se loop/tromp gekoppel word nadat jy die teleskoop gemonteer het. Kyk jy nou deur die teleskoop na die kollimator sal jy in die apparaatjie ’n ruitpatroon (grid) sien waarvan die middelste horisontale en vertikale lyne duidelik gemerk is. Die teleskoop se kruishaar moet gestel word sodat dit en die middelste lyne van die ruitpatroon ooreenstem. Dan behoort die kruishaar en die geweerloop op min of meer dieselfde plek te mik.

Die gebruik van ’n kollimator is handig, want dit dui dadelik vir jou aan of daar enige potensiële probleme met jou teleskoopmonterings is. Nuwe teleskope se kruishare word in die fabriek só gestel dat die kruishaar in die middel van die totale verstelspektrum lê. As die kruishaar dus nie naastenby in die middel van die ruitpatroon wys nie, weet jy dadelik die teleskoop is baie ver “uit” en dat jy stellig verstellings (indien moontlik) aan jou monterings sal moet doen. Wanneer ’n teleskoop ingestel word, wil jy so min moontlik aan die stelknoppe draai, want vir die mees betroubare werkverrigting moet die kruishaar so naby as moontlik aan die middelpunt van die verstelspektrum lê nadat die geweer/teleskoop ingestel is.

Om die gebruik van ’n kollimator maksimaal te benut, gebruik ’n betroubare model en sorg dat dit korrek aan die geweer gekoppel is. Maak ook eers die geweer veilig en verwyder die slot.

Bushnell verskaf ’n kollimator met penne wat in die geweerloop pas. Vooraan is ’n veer wat uitskop in die loop en verseker dat die kollimatorpen styf in die loop pas en so die kollimator in posisie hou. Die deursnee van die penne kan verstel om in lope van verskeie kalibers te pas. So ’n Bushnell kos ongeveer R2 500. Daar is ook kollimators wat magnete gebruik om hulle aan die loop te koppel. Ek gebruik ’n Scope Aligner van Nikko Stirling. Dis ’n tradisionele kollimator met verskillende deursnee penne (pilots/arbors) vir verskillende kalibers en kos ongeveer R600.

Sit die kollimator altyd op dieselfde manier aanmekaar. Kies die korrekte deursnee pen (die kaliber is daarop gemerk). Die penne het plat vlakke waarteen die skroef, wat dit aan die kollimator heg, moet vasdraai. Maak seker die agterkant van die pen is mooi gelyk met die kollimator se romp. Om moontlike skade aan die loop/kroon te beperk, smeer ’n bietjie ghries aan die pen en veral sy veer. Klamp die geweer in ’n bankskroef met beskermde kake vas en druk die pen versigtig voor by die tromp in tot die kollimator teen die loop vasdruk. Tik/ trommel met jou vingers aan weerskante van die loop sodat die pen homself lekker vestig. Draai die kollimator stadig sywaarts totdat die kruishaar se vertikale bene mooi ooreenstem (parallel is) met die vertikale lyne van die kollimator se ruitpatroon.

Bevestig deurentyd dat die kollimator teen die loop vasgedruk bly.

Aangesien daar ’n effe los passing tussen die loop en die pen is, is dit moontlik dat die kollimator nie elke keer presies op dieselfde plek in die loop gaan anker nie. Vóór ek dus verstel, kyk ek waar wys die kruishaar op die ruitskaal, trek die kollimator so 15mm uit, druk dit terug tot teen die loop, trommel weerskante van die loop en stel weer parallel. Ek herhaal dit ’n paar keer totdat ek seker is waar die kollimator se beste ankerpunt is. Nou is jy reg om die kruishaar te stel.

Wanneer jy deur die teleskoop na die kollimator se ruitpatroon kyk, onthou dat die kollimator binne die geweerloop geanker is. Die middelpunt van hierdie skaal of ruitpatroon dui dus aan waarnatoe die loop wys (waar die koeël sal tref), en die kruishaar dui natuurlik aan waarnatoe jy deur die teleskoop kyk. Teleskope se stelknoppe is gemerk asof jy die koeël se impakpunt (die geweerloop) skuif na waar die kruishaar kyk. Dus, indien die kruishaar hoog en links van die ruitpatroon se middelpunt wys, stel jy die stelknop na hoog en links toe (dit klink verkeerdom, maar dis reg). Wys die kruishaar laag en links van die ruitpatroon se middelpunt stel jy die stelknop na laag en links. Eintlik hoef jy glad nie te onthou hoe om te stel nie. Kyk bloot deur die teleskoop na die ruitpatroon en terwyl jy dit doen, draai die stelknop. Jy sal dadelik sien in watter rigting die kruishaar beweeg. As dit weg van die middelpunt af stel, draai jy die stelknop eenvoudig na die teenoorgestelde kant totdat die kruishaar presies na die middelpunt van die ruitpatroon wys.

’n Kollimator is egter baie meer veelsydig as om slegs die teleskoop en loop rofweg op te lyn: Maak aantekeninge van die kruishaar se posisie soos op die kollimatorskaal nadat jy ingeskiet het. Jy kan die kollimator dus gebruik om ’n teleskoop af te haal, weer te monteer of te vervang en dit in te stel soos op die aantekeninge.

Ondervinding het gewys dat ek met die kollimator se gebruik dikwels minder as 10 klieks hoef te stel om die geweer op teiken te bring. Indien jou teleskoop val of gestamp word, kan jy ook vinnig bevestig of alles nog op lyn is. Soos vroeër genoem, weens die dinamika van skiet, wys die kruishaar nie noodwendig in die middel van die skaal wanneer die geweer ingeskiet is nie.

Gebruik die kollimator om te bepaal of die aksie of loop aan spanning of drukpunte onderhewig is. Kyk wat gebeur met die kruishaar op die skaal as die geweer se borgskroewe los en weer vasgedraai word. Beweging van die kruishaar dui op probleme wat akkuraatheid kan beïnvloed.

Die herhaalbaarheid en presisie van die teleskoop se verstellings kan ook getoets word deur die beweging tydens verstelling op die kollimatorskaal te volg.

’n Teleskoop werk op sy beste wanneer die kruishaar so na as moontlik aan die middelpunt van die verstelspektrum is. Vir my is die handigste gebruik van ’n kollimator juis dit. Nadat jy die posisie van die kruishaar bepaal het, kan jy aan die basisse en ringe werk totdat die teleskoop so na as moontlik “kyk” na waar die geweerloop wys sonder om aan die stelknoppe te draai. Meer daaroor in die volgende artikel.

Pak jou geweer vir akkurater skiet
Kliek hier om die artikel af te laai.

Houtkolwe wat swel en krimp as gevolg van die klimaat, kan lei to wisselende akkuraatheid. Dit kan help as jy die geweer pak, skryf CASSIE NIENABER.

SA JAGTER Junie 2013

Vir ’n geweer om konstant akkuraat te skiet, moet die staaldele mooi knus in die kolf lê, op die regte plekke raak (of nie raak nie) en glad nie onder spanning wees wanneer die borgskroewe (aksieboute) vasgedraai is nie. Houtkolwe wat krom trek of swel en krimp as gevolg van die wisselende voginhoud van die omgewing, of kolwe wat deurweek is met olie kan veroorsaak dat die staal op plekke druk waar dit nie moet nie. Wanneer die skoot dan afgevuur word, reageer die staal nie elke keer op dieselfde manier nie en die gevolg is dikwels wisselende akkuraatheid.

1.

1. Skerm jou bankskroef se kake af sodat jy nie die kolf beskadig as jy dit vasklamp nie.

Om te verseker dat die staal reg in die kolf lê is dit dus raadsaam om die geweer te pak. Dit beteken dat een of ander tipe epoksie in die loopkanaal en die deel waar die aksie rus geplaas word en die borgskroewe/boute weer vasgedraai word terwyl die epoksie nog nat is. Die epoksie neem dan die vorm van die loop en aksie se onder- en sykante aan en waarborg dat die kolf en staal goed pas.

Alhoewel ek aanbeveel dat ’n bekwame geweersmid hierdie takie verrig, kan dit heel suksesvol deur enigiemand gedoen word met die nodige voorsorg. Gewoonlik word ’n epoksie, gemeng met ’n verharder en soms staal/aluminium-vylsels, gebruik as pakmateriaal. Die belangrikste eienskappe wat die epoksie moet hê, is om met minder as 1% te krimp wanneer dit droog, dit moet ook sterk, baie hard, onsaampersbaar en bestand wees teen geweerolies en skoonmaakmiddels. Dit moet baie goed aan die kolf bind. Omdat hout swel, krimp en selfs krom trek, help dit gewoonlik baie om enige houtkolf met epoksie te pak, want dit seël ook die hout aan die binnekant teen vog. Selfs sintetiese kolwe kan baat met pak, want soms word die inlaatwerk vir die staal nie behoorlik gedoen nie en dan is die aksie onder spanning wanneer die boute vasgedraai word.

’n Uitstekende plaaslike produk is Eli-Fil FR912 Standard Steel Putty van Elite Chemical Industries in Alberton, (011 864 4620/3). Devcon Steel Putty is ook goed, maar heelwat duurder. Die “putties” is minder loperig as vloeibare tipes epoksie en werk makliker.

Wanneer jy gewere pak, onthou om alles waaraan jy nie wil hê die epoksie moet vasplak nie, af te skerm. Laat na om dit te doen en jy gaan jou as afsukkel om die staal en kolf te skei. Die metode wat meestal die beste resultate lewer, is om slegs twee areas van die aksie te pak, naamlik by die stert of “tang” (die heel agterste deel van die aksie/ romp, waar die agterste bout vastrek) en die terugskop-nok of recoil lug/ring-area (naby waar die loop en aksie aanmekaar bout en die voorste borgskroef vasdraai). Die middelste gedeelte van die aksie of romp hang dus vry. (Sien foto 2)

Vir die meeste gewere werk ’n loop wat grootliks vry hang (free float) goed – slegs
die eerste 40 tot 60mm van die loop (die vet deel ook bekend as die Knox-vorm) word dan gepak. Voordat jy die geweer pak, verwyder hout uit die loopkanaal om te verseker dat daar ten minste ’n 0.5 tot 1mm-speling tussen die loop en die hout is. ’n Karton besigheidskaartjie moet gemaklik tussen die loop en die hout kan ingly. In sommige gevalle kan ’n baie dun loop egter meer akkuraat skiet met ’n drukpunt onder die loop naby die voorpunt van die kolf.

Sintetiese kolwe met ’n slap voorlaai wat maklik buig of vervorm kan stewig gemaak word deur ’n staalstaaf van 6mm deursnee in die voorlaai in te laat en vas te sit met epoksie. Natuurlik steeds met ’n gaping om die loop vry te laat hang.

Die terugskop-nok (recoil lug) moet slegs aan sy agterkant gepak word. Hou enige epoksie weg van die kante. Daar moet ’n speling wees tussen die staal en die kolf sodat die staal nie vasgeknyp word of teen die kolf vasskop as jy skiet nie.

2.

2 & 3. Die gedeeltes in rooi gemerk is die enigste plekke waar die pakmateriaal in die kolf
aangebring moet word.

3.

4.

4 & 5. Die dele van die aksie in rooi gemerk is die enigstes wat op die kolf (pakmateriaal) moet rus – die res van die aksie moet vry hang.

5.

WENKE:
• Gebruik ’n stewige werksbank waarop ’n bankskroef gemonteer is. Skerm die kake van die skroef voldoende af om te verhoed dat die kolf beskadig word as jy dit daarin vasknyp. (Sien foto 1)
• Verwyder die teleskoop, ringe, sneller (slegs indien jy gemaklik voel daarmee), magasynkas, voerplaat en veer. Verwyder nou alle olie van die aksie/loopgedeelte.
• Meet die dikte/diepte van die kolfmateriaal by die gate van die twee borgskroewe/boute in die kolf. Gebruik ’n koeldrankstrooitjie wat effe los oor die boute se skagte pas en sny vir elke bout ’n seksie na die lengte van die boonste mates. Bêre dit vir latere gebruik.
• Soos reeds genoem, verwyder materiaal uit die loopkanaal totdat die loop vry hang. Gebruik enige ronde pyp, met ’n deursnee sodat dit, met skuurpapier daarom gedraai, in die loopkanaal pas. Dit help om die kolf gereeld 180° in die bankskroef te draai gedurende die proses.
• Op die dele van die kolf soos aangedui in foto 2 en 3, word so 3 tot 5mm dikte van die kolfmateriaal verwyder. Onthou ook om materiaal te verwyder waar die recoil lug gaan druk. Klein gedeeltes materiaal kan aan die rande van die kolf agtergelaat word om te verhoed dat die staal nie te diep in die epoksie insak tydens die pakprosedure nie. Aluminium pilare (pillar bedding) kan vasgesit word in die gate van die boute (nadat die gate daarvoor groter uitgeboor is) om te verhoed dat die kolf saampers wanneer die borgskroewe vasgedraai word. Pilare kan ook met die epoksie gevorm word. Die gate vir die borgskroewe kan met ’n 13mm-boor uitgeboor word. Om pilare van epoksie te probeer maak is egter makliker gesê as gedaan so beginners moet dit dalk nie aanpak nie.
• Om te verseker dat daar ’n speling is tussen die kolf en die staal waar die twee nie aan mekaar moet raak nie, bring een of twee lae maskeerband op die staal aan (dit sal net werk as jy voor die tyd genoegsaam materiaal van die kolf verwyder het om plek te maak vir die maskeerband). Onthou slegs die agterkant van die recoil lug mag aan die kolf raak, asook sowat 25mm van die aksie reg agter die recoil lug. Die tang mag ook nie op enige ander plek behalwe aan sy onderkant op die kolf/epoksie druk nie. (Sien foto 4, 5 en 6) Dele in blou is waar daar ’n gaping van 0.1mm of meer tussen die epoksie en staal moet wees. Dele in rooi is waar daar volle kontak tussen staal en epoksie is.
• Die sneller word deeglik met elektriese isoleer- of maskeerband toegedraai. Enige verdere dele of openinge waarbinne daar nie epoksie moet wees nie, word met modelleer-(speel-)klei gevul en afgewerk. Hoe netjieser en deegliker hierdie taak gedoen word, hoe beter lyk die uiteindelike pakwerk en hoe makliker skei die staal en kolf later. Gebruik klei ook om selfs die kleinste gaatjies te vul en die kontakvlakke na jou smaak te vorm. Opgefrommelde papier kan in groot openings soos die magasynopening en kamer gedruk word en daarna met die klei geseël word. (Sien foto 7) Onthou, wanneer die aksie in die kolf geplaas word, word die epoksie onder druk in selfs die kleinste opening geforseer.
• Vorm buffers met klei om die vloei van epoksie in te perk soos aangedui op foto 8 en ander, in groen aangedui. Toets deur die aksie in en uit die kolf te pas totdat jy tevrede is met die buffers se werking en pas.
• Om te verseker dat jy na die pakkery ’n loop het wat in die middel van die loopkanaal lê, draai isoleerband om die loop net kort van die voorpunt van die voorlaai. Draai net soveel om dat die loop in die kanaal sentreer sonder om dit verder uit of op te lig of die loop onder spanning te plaas wanneer die aksie vasgetrek word.
• Bevestig dat jy 100% tevrede met jou voorbereiding is. Smeer skoenpolitoer (die alledaagse tipe uit die blikkie) liggies op ALLE dele waaraan die epoksie nie moet bind nie, ook oor die klei, maskeerband, boute, ensovoorts. Vryf effe op en herhaal. Plak selfs die ruitwerk op die voorlaai en pistoolgreep met maskeerband toe om te verhoed dat epoksie wat uitpeul daarin beland.
• Plaas die snellerbeuel/magasynplaat in posisie en plak dit met maskeerband aan die kolf vas. Plaas die boute in plek en plak ook maskeerband oor hul koppe om te keer dat hulle uitval. Skuif die korrekte lengte strooitjie wat jy gebêre het oor elke skroef se skag om te verhoed dat epoksie aan die boute kom. Klamp die kolf horisontaal in jou bankskroef in posisie sodat jy steeds van onder af toegang het tot die boute.
(Sien foto 9)

6.

6. Pak die snellerbeuel ook om te verseker dat dit nie wipplank ry in die kolf en spanning op die aksie plaas as die boute vasgedraai word nie.

7.

7 & 8. Skerm alle dele af waar die epoksie nie moet invloei nie – gebruik maskeerband en speelklei.

8.

• Meng die epoksie PRESIES volgens die vervaardiger se aanduidings. Gewoonlik werk dit goed om die hoeveelhede af te weeg. So 100 tot 150 gram epoksie is gewoonlik genoeg vir die gemiddelde geweer. Maak eerder te veel as te min aan. Gebruik ’n sosatiestokkie en werk die epoksie versigtig van bo af in rondom die borgskroewe tot teen die snellerbeuel/ magasynplaat (as jy pilare van epoksie wil maak). Wees versigtig om geen epoksie op die boute se skroefdraad te kry nie en hou die epoksievlak laer as die skroefdraad. Daarmee klaar, plaas genoeg in al die ander dele van die kolf wat gevul moet word.
• Kry nou iemand om te help – laat sak die aksie/loop STADIG in posisie terwyl jou helper gereed sit om die maskeerband van die skroefkoppe af te haal en hulle liggies te begin indraai. Laat beide eers liggies vat voordat jy hulle verder indraai. Wees uiters versigtig dat daar nie epoksie op die skroefdraad of in hulle gate beland nie. ’n Gat vol epoksie veroorsaak dat die skroef nie tot die korrekte diepte indraai nie en die staal daarom te hoog in die kolf sal lê.
• Draai die boute een vir een STADIG in tot die belyning van kolf en staal reg is. Gewoonlik is dit wanneer die boonste rand van die kolf en die aksie se laaiopening (loading port) op een vlak is en die middel van die loop oplyn met die boonste rand van die kolf. Moenie die boute te styf vasdraai nie anders kan jy bloot weer spanning op die aksie plaas.
• Verwyder die oortollige epoksie wat uitpeul en laat staan die geweer vir so twee ure. Draai die boute effens los en weer vas om te verseker dit bind nie aan die epoksie nie. Wees versigtig om nie aan die kolf of staal te druk of stremming daarop te plaas nie. Skraap epoksie wat uitpeul gelyk met die kolf se rande af en vee skoon. Herhaal die proses weer na twee ure en laat die geweer dan vir 72 uur met rus sodat die epoksie behoorlik kan verhard.
• Skroef die boute uit en verwyder die staal uit die kolf. Wikkel die staal met klein bewegings opwaarts uit die kolf. Werk stadig en versigtig. Indien nodig, gebruik ’n rubberhammer om die loop net voor die kolf liggies opwaarts te tik. Indien die kolf en staal moeilik skei, plaas die geweer in ’n vrieskas vir ’n uur of twee – die hout, staal en epoksie krimp teen verskillende tempo’s en maak die skeidingsproses makliker.
• Verwyder alle maskeerband en klei, maak die staal skoon met thinners waar nodig, olie dit dan liggies en sit alles aanmekaar. Draai die boute teen 40 duim/ pond (4.5 Newton Meter) vas. Dit is omtrent soveel soos ’n gemiddelde man ’n skroef met een hand en ’n skroewedraaier kan vasdraai.
• Laat die epoksie vir ’n verdere week set voordat die geweer geskiet word.
• Indien die geweer ’n dun loop het en nie met ’n vryhangende loop wil groepeer nie, kan dit help om ’n drukpunt onder die loop naby die voorpunt van die kolf te maak. Klamp die geweer onderstebo in die bankskroef en hang ’n gewig van 2kg aan die punt van die loop. Sny uit dun karton strokies wat naby die kolf se voorpunt tussen die loop en loopkanaal ingeskuif kan word tot dit styf inpas. Verwyder die aksie uit die kolf en vorm naby die kolf se voorpunt met klei ’n dam vir die epoksie. Sit politoer aan die loop en sit die geweer aanmekaar met epoksie en die korrekte aantal kartonstrokies as spasieerders. Die epoksie sal ’n drukpunt vorm wat ongeveer 2kg opwaartse druk op die loop plaas. Die nadeel van ’n drukpunt is dat die geweer (die koeëls) se impakpunt skuif indien daar opwaartse druk op die kolf se punt geplaas word of indien die kolf krom trek weens wisselende klimaatstoestande.

9.

9. Klamp die kolf op so ‘n manier in die bankskroef vas dat jy van bo en onder toegang tot die ingelate gedeeltes het. Die klampe in die foto is net daar om die staal- en houtdele bymekaar te hou tydens die voorbereidingsproses.

Laai en mik so vir ‘n akkurate skoot
Kliek hier om die artikel af te laai.

Dis voordelig om jou eie ammunisie te laai, maar self-laai kan ’n intimiderende proses raak as jy jou ladings se ware potensiaal probeer bepaal.

CASSIE NIENABER gee ’n basiese inleiding tot ladingbepaling.

Een rede waarom jagters self ammunisie laai of herlaai, behalwe omdat dit goedkoper is en hulle beter komponente kan kies, is om ammunisie te hê wat vir ’n spesifieke wapen gemaak is. Pasgemaakte ammunisie behoort so gelaai te wees dat die wapen en toerusting se volle potensiaal benut kan word. Maar hoe word die ideale lading en kombinasie bepaal? Om die lading vir ’n spesifieke wapen, met kombinasie van dop, slagdop, dryfmiddel en koeël te bepaal, kan ’n intimiderende en langdradige oefening raak. Jy sal moontlik die Somchem Ballistiese Handleiding nader trek vir herlaai-inligting, of by ervare herlaaiers wat ’n soortgelyke wapen en kaliber het, navraag gaan doen.

Goed, nou weet jy wat die aanbevole veilige beginpunt en maksimum lading is. ’n Herlaaier sal gewoonlik by die minimum lading begin en geleidelik na die maksimum beweeg. Laai by elke ladinginterval ’n paar patrone – so drie tot vyf patrone vir elke interval van 0.5 grein. Hierdie patrone word dan in hul groepe geskiet vir groeperings op 100m. Die beste groepering teen die gewenste snelheid word hieruit as die ideale lading gekies. Een ding is seker, ’n mens bepaal nooit die ideale lading met min moeite en min skote nie. Dit behels meestal die brand van heelwat kruit met die gepaardgaande onnodige slytasie op die wapen en heel dikwels ’n seer skouer. En wat gebeur wanneer die klimaat verander, jy verder as 100m skiet of daar geringe verskille in die samestelling en lading van patrone is? Is ’n lading wat op die bogenoemde manier bepaal is werklik onder verskillende omstandighede en afstande ideaal en sal dit klein verskille tydens die herlaaiproses kan vergewe? Gelukkig was daar ’n baie bekende Franse wapensmid met die naam Creighton Audette. Hy het tot herlaaiers se redding gekom met ’n uitstekende metode om baie van die bogenoemde tekortkominge aan te spreek. Met sy metode kan die ideale ladingkombinasie in minder as 40 skote bepaal word. Hy het sy metode die Inkrementele Ladingontwikkelingmetode
genoem, maar dit staan algemeen bekend as die Sweet Spot-metode. Voordat jy egter by dié metode kom is daar ander kritieke aspekte waaraan jy eers moet aandag gee, soos byvoorbeeld hoe om akkuraat van ’n skietbank af te skiet. Hiervoor het jy nie noodwendig die nuutste pasmaakwapen, blueprint-aksie, ingevoerde loop, kompetisiekroon en teleskoop van sterkykgehalte nodig nie. Jy moet wel aandag aan die volgende gee:

• Die wapen moet jou pas. Wanneer jy aanlê moet jy gemaklik en ontspanne wees sonder dat dit nodig is om jou lyf in ongemaklike houdings te dwing. Vind ’n bevoegde wapensmid wat jou sal help om die wapen by jou lyf te laat pas. Klein veranderings kan wondere verrig.

• Die wapensmid kan die algemene toestand van die wapen nagaan en veral kyk na die loop, kroon, sneller, aksie en pakking (bedding) van die aksie in die kolf. Onthou egter altyd hierdie goue reël: Luister na raad, maar gebruik jou gesonde verstand en as jy twyfel, kry nog ’n mening. Moenie krap waar dit nie jeuk en probeer regmaak wat reeds werk nie. Die finale toets bly altyd om met die wapen te skiet. Indien jy doodseker wil wees, kry iemand wat bekend is vir sy skietvermoë om te help skiet en toets. Moet dus nie oorhaastig werk laat doen aan die geweer as dit nie nodig is nie.

• Kyk na die blink slytasiemerke agter op die sluitstukke (locking lugs). Maak seker daar is tekens dat die sluitstukke ten minste gedeeltelik kontak maak.

• Maak die loop deeglik skoon deur alle neerslae van dryfmiddel, lood en koper te verwyder. M98, wat deur GS Custom Bullets gemaak word, is ’n uiters goeie produk hiervoor.

• Maak seker al die borgskroewe en -teleskoopmonterings is deeglik vas.

• Toets die teleskoop vir parallaksafwyking deur die geweer, ondersteun deur sandsakke, op ’n teiken te rig wat op dieselfde afstand staan as wat jy gaan skiet. Kyk deur die teleskoop na die teiken sonder om aan die wapen te raak en beweeg jou kop op en af en links en regs. Indien die kruishaar, soos wat jy jou kop draai, van die mikpunt af beweeg, het die teleskoop ’n parallaksfout op daardie afstand. Met teleskope wat parallaksverstelling het, kan die probleem uitgeskakel word. Die meeste teleskope sonder ’n parallaksverstelling is ingestel om op 100m parallaksvry te wees. (Vir meer inligting oor teleskoopprobleme skakel Piet Roux by 082 847 8298.)

• Die natuurlike aanlê-posisie oftewel NAP is ook belangrik. Dit werk só: Maak jou oë toe en lê aan in die rigting van die teiken. Kies ’n posisie wat vir jou gemaklik is. Wanneer jy jou oë oopmaak is die punt waarna jy deur die teleskoop of visier kyk jou NAP. Indien jy nie op teiken is nie, skuif die geweer en herhaal die proses totdat jou NAP-mikpunt op teiken is.

• Volg die skoot deur, deur nie tydens of kort na die afvuur van die skoot jou kop van die kolf te lig nie. Dwing die skoot in jou gedagtes deur die mikpunt. Dit beteken die skut moet die oomblik dat hy die sneller druk die posisie van die kruishaar op die teiken in sy gedagtes vaslê. Só sal hy weet waar die koeël getref het. Die skut probeer dus doelbewus deurgaans die wapen op die mikpunt gerig hou. Dit sal sorg dat die wapen stabiel is van die oomblik wat die skut besluit om die sneller te trek totdat die koeël die tromp verlaat, oftewel tydens die “ewigdurende sekonde”.

• Dis goed om oor die algemeen goeie skietgewoontes te kweek soos om die korrekte snellerdruk en -beheer toe te pas. Probeer om die wapen elke keer op dieselfde manier vas te hou en om dieselfde
druk op kontakpunte toe te pas. Sorg dat die wapen nie gekantel is wanneer jy skiet nie. Beheer jou asemhaling.

• Gebruik ’n goeie bench rest-tipe skiethouding wat die wapen voor en agter deeglik ondersteun. Die skut moet met die minimum aanpassing in staat wees om die kruishaar op die teiken te kan hou – hy moet basies net die sneller druk.

• Die inligting wat hier weergegee is, het ek nie uitgedink nie. Alles spruit voort uit dit wat ek gelees en wat menige skiet-entoesias aan my oorgedra het. – Cassie Nienaber

GOED OM TE WEET
Hou SA HUNTER/JAGTER dop vir Cassie Nienaber se artikels oor:
+ Die pakking (bedding) van jou geweer
+ Montering van ’n teleskoop
+ Ladingbepaling
Cassie is die sekretaris van die SA Herlaaivereniging

Tony de Beer slaggereed met als wat nodig is om ladings te toets.

Ten einde die beste werkverrigting uit jou geweer en ammunisie te kry moet jy bereid wees om
heelwat tyd op die skietbaan deur te bring.