2019/01/23 12:05:
Goeie middag Cassie,
MAMBA 3-been Aluminium skietstok:
Netjies.
Ek gebruik so een.
Maar as ek staan dan skiet ek bo-oor.
Ek het dus addisionele gaatjies geboor om die hoogte vir my reg te kry vir bo-oor skiet.
Gebruik dieselfde hoogte as my staan vir die kniel om bietjie groter spasie tussen die bene te kry vir ondersteuning.
Hercules Louw - Pretoria
2019/01/21 16:09:
Goeie dag Cassie,
Ek het die eerste keer middel 2014 met jou kennis gemaak.
Sedert die eerste gesprekke het ek dadelik besef dat ek te doen het met
iemand wat met gesag praat wanneer dit by die herlaai van ammunisie kom.
Dit het baie vertroue geskep. Intussen het jy by ons dorp 2
herlaai kursusse van hoogstaande gehalte aangebied. Ek het na 33
jaar se ondervinding in herlaai van ammunisie eers besef hoe min ek oor
die jare geleer het. Na die bekendstelling aan jou produkte en
kundigheid was my kennis op ʼn baie beter vlak.
Ek is nie nou ʼn ”Rocket Scientist” nie maar jy bied die vak so aan dat
ingewikkelde tegniese aspekte maklik en logies verstaanbaar is.
Die gebruik van QuickLOAD is ʼn goeie voorbeeld. Nadat ek die
program gekoop het kon ek werklik nie die waarde daarvan benut nie.
Na jou kursus gebruik ek die program met groot sukses.
Die resultate wys op die teikens en in die jagveld, waar anders?
Ek sien opgewonde uit na die ontwikkeling van jou dienste en produkte.
Vriendelike groete
André van der Vyver - Ladismith (Weskaap)
2019/01/15 11:57:
Hi Cassie,
Baie dankie, ek het my pakkie vanoggend ontvang.
Ek het laas jaar jou QuickLOAD DVD gekoop en is die afgelope paar aande
besig om daardeur te kyk. Ek herlaai al vir baie jare en gebruik
QL al vir ʼn geruime tyd maar dit is lekker om meer inligting te kry en
ook bevestiging te kry van goed wat ek reeds doen. Ek dink jou
DVD is ʼn baie goeie produk en van baie waarde vir my. Die groot
hoeveelheid oplossings en hulpmiddels wat jy onder ekstras ingesluit
het sowel as die meer gedetailleerde “calculators” in Excel is goed.
Dankie weereens vir die goeie gehalte produkte. Ek hoop jy sal
voortgaan om uitstekende produkte, dienste en praktiese oplossings vir
ons herlaaiers te bring in die toekoms.
Arno De Kock - Stellenbosch
2018/10/08 17:45:
Hi Cassie,
How about this grouping @ 200m!!!
Kind Regards,
Gert Byleveldt (Atlasville)
2018/09/17 10:18:
Hi Cassie,
Here’s some feedback of shooting I did yesterday. I’ve attached two
pictures for your perusal.
The first target you’ve seen but want to include it for reference:
And this is the second target that I shot over the weekend.
As you can see, I shot the same 0,3 grain ladder in both cases.
What’s immediately apparent is that the second target’s grouping is a
LOT better than the first, bearing in mind that the intent of the tests
wasn’t to check grouping, but doing OCW tests in order to generate
reliable data for QL calibration. In fact, in the case of the second
target, the wind conditions were substantially worse (more than 35km/hr
gusts at some point). As you suggest in your videos when doing load
development, both these tests were done using the Round Robin method.
Granted, there’s a fair amount of loading technique improvements
between the two tests, and only 1 of these charges are approaching an
actual barrel node with the attached pictures, the important thing I
noticed is that group size is almost half of what it was before – even
for loads that are far away from any barrel node. Estimating roughly,
most of these groups are below 1MOA which is enough for hunting (which
is the intended purpose for this rifle) and I wasn’t even trying to be
accurate; as I mentioned earlier, these tests were purely for
generating velocity data in order to calibrate Quickload.
I firmly believe that the epoxy filling work you’ve done on the
synthetic stock is the main reason for this dramatic improvement in
accuracy. Not only does the stock flex a lot less when applying force
to it, it has also changed the recoil characteristic of the rifle for
the better. This, without the weight penalty of going for a full wooden
stock, which still makes this rifle ideal for the intended purpose of a
walk and stalk hunting rifle.
Prior to the modifications done to the stock, I’ve shot just over 600
rounds through my rifle, so I have a reasonably good idea of how this
rifle used to perform. This rifle now adheres to the Tikka/Sako claim
of 1 MOA accuracy – no matter which ammunition you use with it.
Further to this, you’ve gone to a great lengths in explaining the
intricacies of proper reloading technique in your videos. After
studying these videos, and your one on one consulting session, I’ve now
developed a concise understanding of the various techniques to use when
reloading your own ammunition.
See below the results of the velocity data achieved using the
techniques you’ve taught me.
This is a dramatic improvement in ES numbers over what I’ve had before
and based on the graphs its very easy to see where the actual barrel
nodes exist on this rifle. Further to this, I’ve taken the above data
as a quick sanity check inside Quickload in order confirm the results
I’m seeing against predicted barrel nodes. In this case, consider the
data for a 40,6 grain charge weight (which I know is a good load on my
specific rifle); an average measured speed of 2575fps (and I’m happy to
use the averaged speed number at that charge weight because of the low
ES across 3 shots).
As a relatively new rifle shooter, it’s very frustrating to try and
figure out why a rifle doesn’t shoot the way it’s supposed to. Is it
the rifle, ammunition or you? Finally I’m at a stage where I’m happy
with the rifle and the ammunition; now I can focus on my own shooting
technique.
I just wish I’ve consulted you sooner as I’ve wasted so much
time and money trying to understand where the problem was with my
shooting.
Thanks again for all your help and guidance on getting a satisfactory
result!
Kind Regards,
Gert Byleveldt (Atlasville)
2018/09/10 16:04:
Goeie middag,
Dankie vir die herlaai DVD's en QuickLOAD instruksie DVD. Dit werk en
resultate
kan gesien word.
What you put in is what you get out !!!
Le Riche Coetzer Snr. (Hoopstad)
2018/05/02 09:01:
Goeiemôre Cassie
Ek het verlede jaar met jou kontak gemaak. Ek gaan moontlik nog in
hierdie jaar by jou produkte bestel sodra my begroting dit toelaat.
Die rede hoekom ek hierdie epos stuur is om vir jou in kennis te stel
dat ek weereens jou DVD's deurgegaan het, asook meeste van jou
artikkels, ek is tans nog besig om dit deur te lees omrede daar baie
is. Ek swot ook self nog aan 'n Ph.D. in Engelse literatuur.
As 'n Suid Afrikaner wil ek net graag vir jou, weereens, met applous
begroet. Jy bevestig dat ons nie terug staan teenoor die res van die
wêreld wat kwaliteit aanbetref nie. Jou uiteensetting is absoluut
uitstekkend, asook jou draaiboek en toegetroudheid aan terminologie.
Jou uitspraak, kamera hoekke en illustrasie is op universiteit gehalte.
Ek dink werklik dat jou herlaai kursus op 'n internasionale vlak die
ander kursusse ore aansit, en tans die beste is wat ek al teëgekom het.
Ek sal werklik ook meeste skuts aanbeveel om die kursus meer as vier
keer deur te gaan, omrede daar so baie detail is dat mens dit baie
maklik kan verloor as jy nie deeglik oplet nie (herlaai is mos maar
soos 'n herkou proses waarvan mens beter verstaan sodra jy ervaring
opgedoen het en terukom om weer te leer). So ook sal ek enige skut in
die vervolg, wat oorweeg om te herlaai, aanbeveel om eers jou DVD's
deeglik deur te gaan voor hulle begin om produkte aan te koop. Dit is
die beste begin punt wat mens voor kan vra.
Soos wat almal gesê het dat Riaan Cruywagen 'n verteenwoordiger is vir
Afrikaans, voel ek dat jy 'n verteenwoordiger is vir wat ek sien in
herlaai en sal jou benadering as 'n grondslag aanhou gebruik voor ek
nuwe tegnieke oorweeg.
Dankie vir jou deeglikheid.
Groete
Pieter-Willem Conradie (Potchefstroom)
2018/03/23 18:06:
Hi Cassie,
Vreeslik baie dankie vir jou DVD’s wat jy vir ons veiling geskenk het.
Ons het beide die DVD’s kon verkoop vir R 500, dus het jy R 500 bygedra
vir ons Bewarings fonds en ons kon ‘n totaal van R 41 000 insamel wat
ons nou vir natuurbewaring gaan skenk.
Baie dankie weereens Cassie.
Jaco Herbst (Pretoria-Oos Jagters & Wildbewarings Vereniging)
2018/03/04 19:47:
Hi Cassie,
Net om te laat weet dat ek veilig hier in Kansas aangekom het.
Ek het al verskeie van die hoofstukke op die DVD deurgegaan en geniet
dit.
Groete,
Johannes Heyns (Kansas)
2018/01/02 13:52:
Cassie, Geseënde 2018 vir jou.
Ek het beide DVDs deurgekyk en heelwat geleer ten spyte daarvan dat ek
al >35 jaar herlaai. Baie dankie!
'Skuus, wou nog sê die stok-stoppers werk baie goed!
Groete,
Deon Joubert (Centurion)
2017/10/31 21:49:
Baie dankie Cassie.
Ek is regtig beïndruk met jou produkte. Dankie vir jou raad ook.
Groete,
Johann van der Merwe (Bryanston)
2017/09/12 12:48:
Hi,
I used Mamba soap in my media tumbler and the results were
extremely good. Primer pockets cleaned, case interiors cleaned and
brass looking like new without any extra work during the cleaning
process. Results were achieved in half the time than other
manufacturers recommended time. I will strongly recommend Mamba brass
soap to anyone making use of a media tumbler. This is a very good
economical chemical solution to use.
Now it’s just a matter of resizing and trimming to be done.
Another quality Mamba product on my reloading bench.
Regards,
Robert A. Pretorius (Pretoria)
2017/08/31 10:53
Beste Cassie,
Ek het verlede jaar jou herlaai DVD gekoop en geniet dit nog elke keer
as ek daarna kyk.
Groete,
Petrus de Klerk (Kathu)
2017/08/29 13:03
Goeie middag
Ek het my pakkie nou net gekry. Ek kan nie wag om na werk alles te
toets nie!
Dankie vir die puik diens
Groete
Leo Scheepers (Worcester)
2017/08/22 20:44
Cassie - dankie vir jou vriendelikheid tydens ons telefoongesprekke.
NS. Oos-Rand tak was nog altyd tops in my boeke!
Danie Steyn (Hoedspruit)
2017/08/08 10:56
Hi Cassie,
Ek het my pakkies gekry, baie dankie. Ek wil jou graag geluk wens met
die professionaliteit van jou produkte. Ek kan verstaan hoekom jy
soveel sukses op die skietbaan behaal, dis omdat jy die ding op die
regte manier doen.
Mooi loop,
Dup Botha (Secunda)
2017/08/07 11:14
Cassie,
Baie dankie, het ontvang. Puik produk !
Groete,
Hennie Botha (Pretoria)
2017/08/01 10:26:
Hi Cassie,
Net so bietjie terugvoering.
Gebaseer op my inligting en m.b.v. jou QL DVD het ek ‘n lading vir my
308
uitgewerk vir 23 grade.
Die naweek gaan skiet en 50 rondtes oor my Magnetospeed geskiet; eerste
keer wat ek met die Magnetospeed skiet. Die spoed van die eerste twee
skote is geïgnoreer, sg. fouling shots wat 100 en so 40 vps stadiger
was
as die gemiddelde. Die gemiddeld van 48 skote was 2777 vps.
Dis in vier
sarsies geskiet en temperatuur is gemeet. Gemiddelde temperatuur was
19.375 grade (4 lesings).
Gisteraand het ek die gemiddelde temperatuur ingesleutel op my
“calculated” lading … die spoed? ... 2777 vps!!
Ek gaan nie verder aan dié lading peuter nie (weet net nie hoe ek my
nou gaan besig hou nie)
Weereens baie dankie vir ‘n uistekende produk.
Regards / Groete,
Johan Wille (Randburg)
2017/07/20 12:52
Hi oom Cassie
Hoop daai bokke staan almal mooi.
Bietjie terugvoer oor die produk wat ek gekoop het:
Hy werk beslis beter as enige ander Runout meter wat ek al voorheen
gebruik het, puik produk.
Groete,
JD Els (Pretoria)
2017/05/19 09:34
Hello Oom,
Baie dankie vir die goeie diens. Word opreg waardeer.
Lekker naweek.
Adriaan Ritchie
2017/05/04 12:20
Hallo Cassie
Jou QuickLOAD DVD was baie insiggewend.
Ek pas al baie van dit wat jy wys en sê toe.
Dis baie lekker om te sien hoe iemand anders dit doen.
Dit sal goed wees as elke nuwe herlaaier wat QuickLOAD wil gebruik dit
sien sodat hulle ʼn beter en meer akkurate wegspring kan kry.
Groete
Gavin Deas (Charl Cilliers)
2017/03/27 10:59
Hallo oom Cassie
Glo dit gaan goed! Baie dankie vir die insiggewende kursus van
Saterdag, dit was vir my baie interessant, goed aangebied en baie
leersaam!
Groete,
Christoff Smit (Groblersdal)
2017/03/26 10:52
More Cassie,
Dankie vir die kursus gister.
Baie leersaam!!!!
Gaan my nou net ʼn lot geld kos.
Koot le Roux (Glen Vista)
2017/03/07 12:06
Dankie Cassie,
Ons het gisteraand na die Herlaai DVD gekyk, baie interessant en
leersaam. Ons is spyt dat ons nie in die begin al die inligting gehad
het toe ons die herlaai “Dies” aangeskaf het nie, want ons het die
kompetisie “Dies” nodig vir verbeterde herlaai vir ons kalibers.
Ons sal vanaand die volgende DVD deurwerk.
Groete,
Leonie da Matta (Benoni)
2017/02/14 09:15
Hi Cassie,
Ons wil net dankie sê vir al die artikels wat jy al gepubliseer het.
Wonderlik.
Connie Smith
2017/01/10 09:54
Hi,
Ek het gemeet op jou metode en was vreeslik naby aan wat hulle sê op
webblad. Ek het gemeet 8.84mm en hulle is 8.7884mm. Dis ʼn fantastiese
metode. Dankie weer eens vir jou uitstekende raad.
Ek sien uit na jou nuwe DVD. Laat weet asb. wanneer hy uit is.
Groete,
Robert A. Pretorius (Pretoria)
2017/01/04 14:48
Hallo Cassie,
Ek het toe gister my pakkie gekry en sommer gisteraand al doppe
skoongemaak met daardie “magic” seep. Dit werk regtig baie goed.
Ek het ook sommer gisteraand die QuickLOAD DVD begin deurwerk en moet
erken dit het na een aand alreeds my kennis van QuickLOAD baie
verbeter. Jou DVD is baie insiggewend en prakties en ek is besig om
stelselmatig te doen soos wat jy die stappe bespreek in die DVD.
Groete,
Johan Steynberg (Secunda)
2016/04/27 21:29:
Baie dankie vir die opdatering van die weighting factor tabel.
Ek wil die geleentheid gebruik om persoonlike kommentaar te lewer op
jou Quickload DVD wat ek by Huntex aangeskaf het:
* die Quickload aanbiedinge is metodies en maklik om te volg
* die formules en hulpmiddels is baie goed en die aanwysings is maklik
om reg toe te pas.
Ek
is 'n metallurgiese ingenieur van beroep en 'n voorstander van
gelykmatige metodiese aanpassing van fisiese en chemiese eienskappe om
oorsaaklikheid te reguleer. Hiervolgens is die metode vir toepassing
van die formules, om beide die BRF en RoSH's aan te pas, volgens my
meer aanvaarbaar en korrek. Ek noem dit in die lig van die praktyk wat
ekself, en ek glo baie ander, gevolg het om slegs die BRF aan te pas.
Ek
het nou in twee dae lekker sukses behaal met uitstekende
akkuraatheid vir ses gewere deur die voorgestelde metodes te gebruik
(aanpassing vir weighting factor, shot start pressure en temperatuur
vir ‘n 300wsm, 2x 243win’s, 22-250rem, 416rigby en 270win). Voorheen
was dit maar ‘n gesukkel om voorspelbare resultate of herhaalbaarheid
te verkry aangesien ek slegs van BRF aanpassings/manipulasie gebruik
gemaak het.
Nou werk my ladings uit met minder as 0.5% afwyking (S365) van die
gepubliseerde Somchem termochemiese eienskappe, in ag genome van die
variasie op verskillende lotnommers. Die afwyking is tussen 0.1 en 0.3%
vir S335 en S355.
Ek
is dankbaar dat Quickload nou die eerste keer volkome vir my werk …..
en vir my voorspelbare resultate lewer … keer op keer. Ek dink die DVD
sal ‘n aanwins wees vir sommige Quickload gebruikers, wat soos ek,
miskien leiding nodig het vir korrekte toepassing. Ek glo dat die
metodes wat beskryf word ook veiligheid met ladingontwikkeling sal
bevorder. Dankie vir die lekker hulpmiddel, en om dit in Afrikaans te
kan kry nog te beter!
Gideon Scheepers (Bloemfontein)
2016-04-11 08:43:
Môre oom Cassie,
Ek wil net vir oom baie dankie sê vir die hulp die afgelope tyd. Ek het
gister oggend die lading gaan skiet wat oom aanbeveel het volgens die
berekening met QL. Ek wou by die S335 probeer bly aangesien ek dit ook
in die 308 skiet.
Die laaste twee groepe was die mees konstante skote wat ek nog met
die geweer na mekaar geskiet het. Ek kon nog nooit twee 5 skoot groepe
na mekaar onder 1” skiet nie.
Ek het nog altyd gedink QL is
maar net ʼn tool wat verkoop word en by uitsondering sal werk. Ek weet
nou dit is net die operator wat nie weet wat hy/sy doen nie. Die gevolg
is dat oom asseblief my naam bo-aan die lys moet sit vir die “Lading
ontwikkeling met QL” DVD.
Sterkte vir die launch by Huntex.
Vriendelike Groete
Reghardt Strauss (Port Elizabeth)
2016/03/15 09:38:
Môre Cassie,
Net so ʼn vinnige dankie.
Ek het met die .308 Norma Magnum gespeel en die lading ontwikkeling op
QuickLOAD gedoen op die metode soos geleer by jou kursus van 13
Februarie by NWK Lichtenburg. 15mm en kleiner groeperings is standaard
en ek kon die afgelope naweek 4/5 ghonge op 750m en 5/5 ghonge op 850m
raak skiet in so ʼn 8mph dwarswind tydens die ALRHA skietdag buite
Orkney. Dit is te danke aan stabiele ladings en Strelok.
Riaan Kriel (Lichtenburg)
2015/08/11 15:06:
Hi,
Of all the reloading equipment bought I got the most value from the
DVD. Money well spent. Highly recommended.
Regards,
Robert A. Pretorius (Pretoria)
2015/02/04 22:03:
Oom Cassie,
Ek het die pakkie ontvang. Alles was in orde.
Ek het eerste die TPL meter gebruik. My oë het oopgegaan oor wat my
maksimum TPL regtig is. Dit is ʼn baie lekker stukkie gereedskap en dit
werk baie maklik. Dit is baie stewig, verseker beter as die Hornady een
met sy plastiek.
Ek het toe die run-out meter gebruik. Eerste ʼn klomp doppe se nekke se
run-out gemeet. Ek was half impressed dat die meeste rondom 1.5 Thou
gemeet het. Ek het toe ʼn klomp koeëls gelaai en weer die run-out
gemeet. Magtig was ek geskok. Die run-out is tot 12 Thou, ja, ek kan
dit nie glo nie. Ek gebruik ʼn Hornady seating Die en het ook die
Redding seating Die. Iewers is iets in my setup geweldig verkeerd. Nou
dat ek dit actually kan meet, kan ek sommer sien aan die koeël wat ʼn
groot runout het hoe die punt waggel. Ek kan verstaan dat ek net geen
konstantheid het met my skiet nie met hierdie geweer nie, nl. die 243.
Ek het nou al amper die geweer verkoop oordat ek dink daar is fout. Nou
sien ek daar is fout in die herlaai proses.
Maar ja, my terugvoer oor die TPL meter, runout gauge en DVD is dat dit
als puik produkte is. Ek is ook baie bly dat ek vir die digitale Insize
meter gegaan het. Dit werk darem maar net soveel makliker.
Ek moes lankal al hierdie pad gestap het.
Groete
Jurie Vermaak (Bloemfontein)
2014/06/21 20:43:
Goeie môre,
Baie, baie dankie. Ons het die pakkie ontvang en is baie in ons skik
met die produkte en die eindresultaat. Beide ek en my pa het die beste
skote geskiet wat ons nog ooit kon behaal met ons wapens en gelaaide
patrone.
Op my .308 kon ek 4 skote op 100m met ʼn 10c stuk toe maak, wat omtrent
beteken hulle is almal deur een gat. My pa het dit op die .223 ook reg
gekry. Ons is die naweek bymekaar en gaan dan weer deur die DVD kyk en
notas maak.
Baie dankie vir die flink en goeie diens en ons sal jou op hoogte hou
soos ons herlaai ondervinding verbeter!
Namibië groete
Hindie van Rensburg
2014/06/21 20:43:
Hallo Cassie,
Ek het nog baie min herlaai kennis. Ek sal ‘n meer ingeligte mening kan
gee oor so ‘n paar maande , maar dit wat ek sien is goed aangebied,
volledig omskrywend en maklik verstaanbaar.
Geluk met ‘n puik produksie.
Groete
Francois Kleynhans (Heidelberg -Weskaap)
2014/05/29 11:12
Hallo Cassie,
Ek het na jou herlaai DVD gekyk en moet jou komplimenteer met die
inhoud daarvan, dis baie volledig en leersaam en goed aangebied.
Vanuit ‘n “ video producer “ oog is jou beeldkwaliteit redigering en
klank van hoogstaande gehalte, en is dit ‘n puik produksie.
Pieter van Heerden (Kempton Park)
Xanmar Video & DVD Produksies
082 448 6956
2014/05/18 12:15:
Jou tools werk & jou produkte is van hoogstaande gehalte. DVD
is puik.
Philip Moolman (Acornhoek - Naby Hoedspruit)
2014/05/16 15:39:
Dankie Cassie DVD gekry. Nou gaan ek dam reload soos 'n ou veteraan.
Lekke jag maat, laat die bokke val.
Dis 'n baie leersame DVD en 'n moet vir elke beginner.
Dankie
Hennie Nell (Ellisras)
2014/05/15 08:56:
More Cassie, ek het jou herlaai DVD gekoop en dit baie geniet. Ek wil
graag een van jou konsentrisiteits meters koop. Het jy “pilots” in .375
en .224 kalibers beskikbaar? Ek sal ook graag by julle herlaai
vereniging wil aansluit.
Groete
Riaan Schutte (Springs)
2014/05/08 16:49:
Middag Oom Cassie,
Ek het sopas n klomp doppe met die Mamba seep in my sonic cleaner
skoongemaak. Ek is baie tevrede met die eindproduk. Die seep is 'n
wenner!
Groete
Cobus Swart (Benoni)