Inleiding:

Ek is 'n lid van die Herlaai Vereniging van Suid-Afrika se Oosrand herlaaiklub. Dit is net 'n lekker groep mense wat gereeld bymekaar kom om te gesels oor ons gedeelde belangstelling in die herlaai van eie ammunisie. Ons fokus natuurlik op tegnieke vir die herlaai van veilige en akkurate patrone.

Dawid Botha, 'n vriend en lid wie al ons herlaai byeenkomste bywoon, het gevra of ons die herlaai aanbiedings op video kan opneem sodat mens later weer daarna kan kyk om die gedagtes te verfris. Boonop is dit met die aanbied van 'n herlaai kursus aan 'n groot groep mense, moeilik om die detail aan elkeen te wys. Op grond hiervan het ek besluit om die stappe vir die herlaai van ammunisie in hoŽ detail te verfilm, illustreer en bespreek. Die voordeel hiervan is dat mens dit waarskynlik op hierdie manier, baie beter as net met die blote oog kan waarneem.

Tydens die aanbied van herlaai kursusse het ek van hierdie video materiaal begin gebruik en baie positiewe terugvoer ontvang. Daar was ook heelwat belangstelling in van die produkte en toerusting wat ek gebruik en in die video toon, en herlaaiers het gevra of ek daarvan aan hulle kan verskaf.

Die sameloop hiervan is die geboorte van my nuutste baba, my eie herlaai DVD, saam met 'n paar ander produkte wat ek hier vertoon. U is natuurlik welkom om my te kontak vir enige aankope.