Met die aanbied van vorige kursusse het ek gevind dat net een dag werklik te min is om 'n kursus sinvol aan te bied.
'n Kursus kan grootliks opgedeel word in 3 afdelings:

Deel 1 - Inleiding tot herlaai (Hierdie moet EERS reg wees voor ons laai en skiet):
1. Wat is nodig om akkuraat te skiet;
2. Keuse/klassifikasie van komponente;
3. Keuse van toerusting;
3. Dryfmiddel/Kruit:
    3.1 Vervaardiging;
    3.2 Hantering/berging - die effek van humiditeit op ontbranding van kruit;
    3.3 Hoe/watter inligting om op Somchem se webblad te kry/gebruik.
    3.4 Hoe toets en besluit Somchem op die data wat in herlaai tabelle verskyn;
    3.5 Die korrekte manier om 'n herlaai tabel te lees;
    3.6 Hoe om te besluit op/oor veilige ladings/koeŽl snelheid.
4. Die effek van die verandering van komponente op werk verrigting;
5. Die korrekte opstel en gebruik van 'n Chronograaf;
6. Hoe om behoorlik rekord te hou van jou herlaai/skiet inligting;
7. Metode van groepering skiet vir bevestiging van Sweet Spot.

Deel 2 - Praktiese herlaai:
Jy bring jou herlaai toerusting & komponente en ons laai fisies/prakties.

Deel 3 - Lading ontwikkeling met QuickLOAD:
Ek werk saam met jou met QuickLOAD om akkurate lading te bepaal vir 1 tot 3 gewere, van begin tot einde.

Indien kursusgangers dit so verkies, kan ons die kursus op 2 verskillende naweke aanbied.
OF op 2 opeenvolgende dae op een naweek = waarskynlik Saterdag en Sondag.
Ek wil dit doen/aanbied soos wat die meerderheid kursusgangers voel dat dit hulle pas.

Daarom vra ek dat jy my kontak om aan te dui wat jy verkies sodat ek dit so kan reŽl:
cassie@mamba-reloading.co.za
082 412 5344